Die Tuinier :: Editor's Letter
Januarie 2020
   Die Tuinier

Ek hou van hoe die vakansie ruik, die lang dae wat met die vroeë sagte kleure begin, die suikerbekkies wat die vroegoggendlig en doudruppels terdeë benut, die stadige koppies koffie en die baie koppies wat koud word omdat ek van vroeg af aan in die tuin is. Op die een of ander manier verlê ek 'n koppie êrens in die struiktuin en maak dan uiteindelik nog een, en familie en vriende kom loer meer as gewoonlik in, dus stapel die koppies op sodat die hele wasbak teen die aand oorloop. As hulle maar net vanself kon skoon kom.

Stel jou ook voor as koffiebekers die menigte gesprekke wat hulle hoor in 'n ingeboude hardeskyfaandrywer kon opneem. Ek noem dit die “ooraandrywer”, en wanneer ons gedurende die wintermaande rasend is omdat dit lyk of niks regloop nie en dit moeilik is om die “lig” te sien, kan ons hierdie gesprekke in 'n reeks snitte oorspeel... Dít is my wens vir 2020! Ek is seker dat die een of ander slimkop daarbuite so 'n katoeter sal kan uitvind! A, en verbeel jou nou as jy dieselfde tegnologie in wyn en jenewerglase kon installeer – nou praat ons! Verbeel jou die moontlikhede, en die opgeneemde gesprekke!

Gepraat van pratende oorbekers, ek wonder dikwels wat die boodskap sou wees as plante kon praat. Sou dit wees: “'n sadis!”, “Jy gee nie om nie!”, “Probeer jy my nou rêrig versuip?”, Is jy daarvan bewus dat die temperatuur in 'n motor 10 °C hoër is as die omgewende temperatuur?”, of net “Los my! Moet my asseblief nie seermaak nie!”

Ek dink dat as hulle kon praat, sou daar baie interessante gesprekke plaasgevind het saam met redelik baie “blaarklappery”! Dit het my veral te binne geskiet toe ek die volgende uittreksel uit Keith Kirsten se boek Blooming Quotes lees. Dis 'n lekkerlagboek en bly altyd naby my lessenaar vir 'n bietjie inspirasie.

Al wat nou nog gesê moet word, is wees goed vir jouself, jou familie asook jou plante.
Lekker tuinmaak.



 

 
  Magazines|New Magazines|Recently Listed|Members Zone|Competitions|Promotions|Get Listed|A-Z Rate Cards|Publishers|About Us|FAQ / Help|Contact Us|Site Map
Privacy| Disclaimer| Publisher's Login| Press Rooms
Copyright Magazines.co.za by Showcase Media TM