WILD & JAG/GAME & HUNT :: Editor's Letter
Vol 25/06 June 2019
   WILD & JAG/GAME & HUNT

Wild-, jag- en wapenbedryf staan sterk
Game, hunting and weapon industry going strong

Die afgelope HuntEx het bewys dat, hoewel die Suid-Afrikaanse ekonomie effens druk, veral die jag- en wapenbedryf steeds sterk staan met duisende skougangers wa
t dié gewilde skou besoek het. WILD & JAG verskaf deur die jaar blootstelling aan ons adverteerders se nuwe produkte, dienste en produktoetse en ons is trots daarop om só ons adverteerders wat ook by HuntEx was, in die gedrukte en sosiale media te ondersteun. Blaai gerus na bl 30–31 om te lees wat beide die uitstallers en besoekers sê en vind ook meer uit oor een van WILD & JAG se HelpJag-inisiatiewe.

In the second of the two-part series, “The making of a hunting ambassador”, Ron Thomson states that most people, including biological scientists, don’t understand the fact that nobody can “manage a species”. He explains the difference between home ranges and territories, with reference to rhinos and elephants – interesting reading for all hunters, especially those hunting in Big Five areas. Talking about “big” – Stefan Fouché and Christophe Roelofse went hunting, using a .500 Smith & Wesson with 300 gr XTP rounds and a .460 Smith & Wesson with 200 gr XTP rounds. On p 24–26 they explain that shooting a blesbuck up to a distance of 172 m with these handguns does not only take skill, but also a lot of practice.

Wanneer moet ’n pa sy kind toelaat om haar eerste bok te skiet? So vra Christiaan Klindt waar hy op bl 32–34 vertel van Kalahari-kinders wat maar net anders is, anders praat en anders speel. Hierdie is kinders wat al van kleintyd af skiet. So het dit ook gebeur dat sy meisiekind Carla ’n klompie seuns uit grênd skole gewys het waar Dawid die wortels gegrawe het as dit by gewere en jag kom.

History was made with 30 rhino bulls that were sold on one single auction earlier this year. On p 68–69 Dr Flippie Cloete explains that rhino prices were, however, a bit under pressure and that no females fetched the reserve prices – an indication of the risks and costs associated with keeping rhino and the restrictions on international rhino horn sales. Regarding the price trends at game auctions in April, he reports that prices for plains-game species were comparative to those of previous months and even to the average prices of a year ago. The same goes for prices of high-value game, with prices for animals of comparative quality remaining unchanged since March 2019.

Dr Cloete verwys na die Kriek Wildlife Group-veiling as die spreekwoordelike kwaliteit-bonanza, waar pryse vir vlaktewild beduidend hoër as die huidige markpryse was. Op bl 76–77 skryf ek oor veral die bastergemsbokke, springbokke, gemsbokke en rooibokke van uitstaande gehalte wat op dié veiling van die hand gesit is. So ook het waterbokke en selfs njalas vir bogemiddelde pryse gesorg, ’n bewys dat daar ’n vraag is na kwaliteitdiere, veral vanaf wildboere wat vir die jagmark teel. Lees op bl 72–75 hoe die broers Werner en Ro’an van Tonder saam met hul vennoot, Pieter Janeke van Soetvelde Farms, reeds jare gelede die berekeninge en beplanning gedoen het om nie net met stoetwild te teel nie, maar ook om diere van gehalte aan die jagmark te voorsien. Hulle vertel ons ook van die bekende lot rooi gemsbokke wat hulle op Piet du Toit se veiling gekoop het, en hoe daardie sommetjie klop.

Geniet die uitgawe!

Wildbedryfgroete / Game industry greetings
Hennie van der Walt



 

 
  Magazines|New Magazines|Recently Listed|Members Zone|Competitions|Promotions|Get Listed|A-Z Rate Cards|Publishers|About Us|FAQ / Help|Contact Us|Site Map
Privacy| Disclaimer| Publisher's Login| Press Rooms
Copyright Magazines.co.za by Showcase Media TM