Die Tuinier :: Editor's Letter
Augustus 2019
   Die Tuinier

Ons omvattende oorsig oor vanjaar se Chelsea-blommeskou is vandeesmaand vars van die pers. “Tem die natuur” was so 'n VUURWARM neiging in talle tuine dat sommige selfs die idee vertoon het van die kweek van onkruid (o aarde, ek het die “o”-woord gebruik!). Is dit inderdaad moontlik dat natuur en onkruide vertoon is by die Wêreld se Voorste Tuinskou wat tuinneigings vir die jare vorentoe bepaal? Ek is verheug! Wat ons sien, is die volgende stap in tuinkultuur wat van “grillige aanplanting” na opsetlike aanplanting beweeg om biodiversiteit en balans te koester en, waarskynlik die vernaamste rede, om anders te wees.

Ja, vanselfsprekend kan ons nie baie van hul “onkruide” kweek nie, maar 'n duidelike voorbeeld van hoe ons sodanige plante in ons tuine kan invoer, is die nederige Melinis repens, ons inheemse Natal- rooipluim. Hierdie meerjarige polgras is 'n apploustrekker in die lente en somer met sy plate rooi bloeiwyses wat eenvoudig asemrowend in die namiddaglig is. Dit is 'n pioniergras, die rede waarom 'n mens dit dikwels langs padsome op veral versteurde grond sien wanneer jy na werk huis toe ry. Voëls saai die plant geredelik omdat hulle die plantmateriaal vir nesbou gebruik. Dalk het jy dit nog net nie raakgesien nie, maar gedurende die laatsomer tot midwinter raak die kleure intenser wanneer dit bloot uitroep: “Sien my raak!” Dit is 'n ongelooflike plant wat deur en deur 'n hoekie of selfs 'n belangrike plek heel voor in jou tuin verdien.

Hierdie maand beklemtoon ons ook 'n paar van my gunstelingplante – gryse in al hul glorie. Soek en spoor hierdie plantpalet op na die beste van jou vermoë! Ek sê altyd vir mense om 'n paar grysblarige plante by te plant as jou tuin 'n bietjie oes of treurig lyk en net nie tref nie. Jy sal verbaas wees oor die gedaanteverwisseling.

Somerviooltjies – die sterre van tuine in die laatwinter en lente – is beslis in die kollig, nie net vanweë hul prag en Melinis repens (Natal-rooipluim) oulikheidsfaktor nie, maar ook omdat hulle so lonend is. Baie min in hierdie dol wêreld kan kers vashou by ses klein somerviooltjieplantjies in 'n saailingkissie. As waarde vir jou geld is hulle gewis die sterre!

En as jy nog nooit dapper genoeg was om jou eie kompos te maak nie (waarskynlik omdat jy permanent geknou is na jou eerste probeerslag toe dit heeltemal buite beheer geraak het en jy 'n wipwa moes inkry om jou tuin terug te kry), is sake nou opgelos – maklike kompos in 'n swartsak! Dit verander jou lewe en jy moet dit eenvoudig uittoets!

Tot volgende maand Lekker tuinmaak.



 

 
  Magazines|New Magazines|Recently Listed|Members Zone|Competitions|Promotions|Get Listed|A-Z Rate Cards|Publishers|About Us|FAQ / Help|Contact Us|Site Map
Privacy| Disclaimer| Publisher's Login| Press Rooms
Copyright Magazines.co.za by Showcase Media TM