Die Tuinier :: Editor's Letter
Julie 2019
   Die Tuinier

Die opwinding van die Chelsea- blommeskou het pas ten einde geloop, en hoewel ons nie vanjaar daarby uitgekom het om oor die oseaante vlieg nie, het ons Gill, 'n ou vriendin en grafiese ontwerper van al ons tydskrifte, gestuur om die skou te ervaar. Gill was voor die groot dag oorweldig, heeltemal gestres en bekommerd dat sy die fotosamekomste sou misloop of sou verdwaal (wat die eerste keer met ons almal gebeur) en bevrees dat sy nie die beste foto’s sou kry nie! Ek hoef seker nie te sê nie, maar Gill het oorleef, selfs gedy, en was dol oor die hele ervaring. Hier is 'n paar van haar hoogtepunte van die dag. Wat vir my die snaaksste was, was toe sy sê dat selfs hul onkruid mooi was! Volgende maand sal ons vir julle die volledige verslag gee – die hoogte- en laagtepunte en wat Gill die meeste beïndruk het.

Hier is egter nuus wat ons onmiddellik moet deel: Die Suid-Afrikaanse Biodiversiteitsinstituut (SANBI) se uitstalling het die 37ste goue medalje teruggebringuit die 44 keer wat hulle aan die voortreflike geleentheid deelgeneem het! Ons besonder talentvolle ontwerper, Leon Kluge, was die skepper van dié skouspelagtige uitstalling genaamd “Berge van oorvloed”. Leon se moderne ontwerpkinkel het duidelik na vore gekom in hierdie skepping wat gekenmerk is deur 'n leiklipberg en abstrakte watervalle wat neerstort in oordrewe groot tradisionele Ndebele-hoede. Dit was ongelooflik mooi. Aan al die vrywilligers, organiseerders, befondsers en oorsese verteenwoordiger Gill O Donoghue, 'n baie groot dankie en veels geluk van ons almal by Lonehill Media! Ek hoop jy geniet hierdie foto’s van Leon se interpretasie van ons ongelooflike land. En hou in gedagte dat elke plant wat jy op hierdie foto’s sien, gemaak is deur een stingel op 'n keer in bloemisteskuim in te druk!
Lekker tuinmaak.



 

 
  Magazines|New Magazines|Recently Listed|Members Zone|Competitions|Promotions|Get Listed|A-Z Rate Cards|Publishers|About Us|FAQ / Help|Contact Us|Site Map
Privacy| Disclaimer| Publisher's Login| Press Rooms
Copyright Magazines.co.za by Showcase Media TM