Die Tuinier :: Editor's Letter
Junie 2019
   Die Tuinier

Die onlangse vierdagvloede in KZN het soveel verwoesting gesaai. Baie mense is sonder heenkome gelaat toe huise deur reënskade en modderstortings vernietig of in sommige gevalle heeltemal weggespoel is. Die vloede en vernietiging is oral op sosiale media vertoon en algemeen deur nuuskanale gedek, en daarom is ek seker jy het die vlak van vernietiging gesien.

Die aanskoue van die verwoesting het my aan die dink gesit, veral oor grondstortings waar hele banke padgegee en soos riviere deur huise geloop en alles in hul pad weggevee het.

Die vrae wat gevolglik in my kop bly maal, is:
• Kon goeie aanplanting en grondbestuur van hierdie vernietiging voorkom het?
• Wat is jou posisie as huiseienaar as die grondstorting van jou bure se eiendom afkomstig is? Hopelik het jy versekering, maar bel asseblief jou versekeringsmaatskappy om te hoor wat die geval is, of nog beter, kry dit op skrif. Wat as dit wel gebeur? Wie betaal? Is jy gedek? As jy jou vrystaande huis moet ontruim, is jou huishoudelike goedere steeds verseker? As jy uit jou huis moet trek, sal jou versekering jou huisves, en hoe lank sal hulle hierdie koste dra? Ek is seker dit het jou aan die dink gesit...

Ek kan nie vir jou antwoorde op die versekeringsvrae gee nie, maar kom ons kyk na die plant- en grondbestuursvraag. Die antwoord is luide ja! Die meeste grondbanke wat ineengestort het, was net dit – banke grond wat net deur genade aanmekaargehou is! Ons weet dit is onvoldoende op die lange duur en ook vir gemoedsrus, om nie van veiligheid te praat nie. Baie van die banke wat bloot net afgegly het, was net met gras bedek, meters en meters daarvan wat desperaat probeer het om tonne opgehoopte grond vas te hou. Die gevolg was dat die hele bank in sommige gevalle padgegee het omdat die grasperk alleen eenvoudig onvoldoende was om die hoeveelheid grond terug te hou.

Hoe moes dit dus bestuur gewees het? Wel, verskeidenheid grondbedekkers saam met 'n paar geskikte bome met 'n massa deurmekaargevlegte wortels wat die grond bind, sou in die meeste gevalle waarskynlik die ding gedoen het. Mense, wees asseblief dus wakker: As daar kaal groen ruimtes op jou eiendom of op dié van jou bure is, tree asseblief op om dit reg te stel.

Ek kan my dit wel voorstel dat die eerste argument wat teen my geopper word koste sal wees – die koste om te plant en dan die banke te onderhou. Wel, ek sal my kop op 'n blok sit en sê dat die koste wat dié mense nou moet opdok vir die grootskaalse skade wat deur die oorstroming aangerig is dié aanvanklike koste ver oorskry.

Dis gek, mense – in ons besige lewens staan ons nie stil om die moeilike vrae te stel en vir ons hierdie tonele te voor te stel nie, maar ons moet oorweeg wat kan gebeur en wat die gevolge daarvan kan wees. Het ek en jy die antwoorde? Indien nie, is dit hoog tyd dat ons die probleme goed oordink en 'n paar oplossings vind!
Lekker tuinmaak



 

 
  Magazines|New Magazines|Recently Listed|Members Zone|Competitions|Promotions|Get Listed|A-Z Rate Cards|Publishers|About Us|FAQ / Help|Contact Us|Site Map
Privacy| Disclaimer| Publisher's Login| Press Rooms
Copyright Magazines.co.za by Showcase Media TM