Die Tuinier :: Editor's Letter
Mei 2019
   Die Tuinier

50 Sheds of Grey is een van my tydlose gunstelingboeke om my na te wend as ek moet glimlag, of hoop om 'n glimlag by 'n betreklik konserwatiewe gehoor te ontlok.

Hoe hard hulle ook al probeer, kan hulle nie anders as om te glimlag nie,
of pomp eenvoudig net hul ou beste langs hulle. Trouens, hulle draai gewoonlik bra senuagtig na hul vriend in die hoop dat dié ook glimlag. Dan, met die spanning gebreek, erken hulle stilweg dat dit in orde is om 'n bietjie stout te wees!

Hierdie boekie is natuurlike geïnspireer deur die smerige topverkoperboek Fifty Shades of Grey... Is meer woorde nodig? As jy nog nie die boek of boeke gelees het nie, moenie, en gaan direk na 50 Sheds – dis veel beter leesstof!

Maar terug by tuinmaak – cineraria is 'n gewilde gunsteling. Dit is dalk outyds, maar dié vrolike plante is steeds 'n moet in enige winter en lentetuin. Koop hulle “groen” (sonder blomme) omdat hulle die beste in jou tuin vaar as hulle jonk geplant word en tyd het om goeie wortels te maak. Ek is bekommerd as ek sien 'n groentjietuinier by 'n tuinsentrum tel dié onweerstaanbare pragstukke in volle blom op. As korttermynoplossing vir 'n pot op 'n patio sal hulle gewis werk, maar as jy hulle in volle blom in jou tuin plant, sal die gevolg uiteindelik nogal teleurstellend wees met net 'n paar weke van blom oor. Plant hulle asseblief tog sonder blomme!

Gedurende ons reise is ons geseënd om baie opwindende nuwe plante te sien wat op die mark verskyn, of bloot stukkies tuine wat ons inspireer. Ek hou daarvan – dit kry my bloed aan die vloei en my hart vinniger aan die klop, maar die moeilikste is om geduld te kry vir die wag om dit in net die volgende tydskrif met jou te deel! Jy sal hou van die artikel vol ontwerpidees van Plant Paradise Garden Centre in Pretoria op bladsy 12. Ons het 'n paar weke gelede ure daar deurgebring en toe het ek steeds weer 'n keer teruggegaan om seker te maak ek het al die beste foto’s om met jou te deel. Ek hoop regtig jy sal net so geïnspireer wees soos ons was om hierdie goedkoop en prettige idees in jou tuin te gebruik. O, en as jy by hul tuinsentrum verbyry, moet jy eenvoudig by hul koffiewinkel inglip – vir die wennerskons!

“Winter is coming.” Die nou bekende woorde uit Game of Thrones (Kom jy agter ek is 'n aanhanger? Ek kan nie wag vir die nuwe seisoen nie!) is ook waar van tuinmaak, kry dus jou saad gesaai: Namakwalandse madeliefies, bokbaaivygies, strandviooltjies en weeskindertjies. En plant natuurlik jou affodillebolle! Moenie hierdie geleentheidsvenster vir tuinvoorbereiding laat verbygaan in die wete dat jy en die insekte, bye en voëls binnekort beloon sal word met resiesbane van uitbarstende kleur nie!
Lekker tuinmaak



 

 
  Magazines|New Magazines|Recently Listed|Members Zone|Competitions|Promotions|Get Listed|A-Z Rate Cards|Publishers|About Us|FAQ / Help|Contact Us|Site Map
Privacy| Disclaimer| Publisher's Login| Press Rooms
Copyright Magazines.co.za by Showcase Media TM