Die Tuinier :: Editor's Letter
Februarie 2019
   Die Tuinier

Ons is in Februarie, goeiste, die maand hierop neer – die regte plante vir die regte van die liefde. Nee, ons gaan nie daaroor praat nie, regtig nie, omdat dit heeltemal te hoog aangeslaan word. Ons moet almal elke dag ons liefde betoon, en as jy net op een dag van die jaar iets liefdevols gaan doen vir die een wat jy liefhet, of 'n klein geskenkie gee, dan is dit bloot nie goed genoeg nie.

In een van die warmste maande van die jaar stel ons een van die uitstekendste nuwe plante bekend wat vir ons tuiniers beskikbaar is, Lewisia, en dit is waarskynlik een van die ongelooflikste plante wat ek nog gesien het. Toe ek by Ball Straathof se proeftuine instap, was dit die eerste plant uit derduisende uiters kleurvolle plante wat onmiddellik my oog gevang het. Dié pragtige lae sirkel groen blare en mooi blomme trots regop was in 15 cm-potte. Interessant genoeg is dit 'n soort vetplant, maar tog pragtig as binnenshuise plant en ook hittebestand. Dit blom herhaaldelik, kan in 'n houer op die patio gekweek word of buite groei. Vir my het dit alles wat ons wil hê. Dit het ook sterk blare, wat beteken dit is taai en sal nie sommer dood omval nie, wat uitstekend is vir ons tuiniers. Dit maak my werklik opgewonde.

Ons kry vreeslik baie vrae oor kustuinmaak, en dit is moeilik omdat kustuinmaak werklik 'n genre op sigself is wat handel oor grond wat nie humus bevat nie en ook nie die goeie goed om al die voedingstowwe te behou nie. Baie mense wat by die kus tuinmaak, sukkel erg om die regte plante te vind. Alles kom grond. Die plante moet taai wees, en ons artikel oor kustuinmaak is een van die beste wat ek nog gesien het met uitstekende plantkombinasies. Nie net een plant in 'n gebied nie, maar ook kombinasies. Elke tuinier wil die voorkoms hê, dus help dit nie as net een plant op 'n bank groei nie, wat waarskynlik 'n Aloe ferox is omdat dit een van die algemeenste plante is wat ons langs die kus sien. Nee, dit strek verder as dit. Die artikel is pragtig saamgestel en daar is 'n paar wonderlike idees vir almal, en ek weet dat mense wat sommer op die strand of op die sekondêre duine bly baie hieruit sal kan put.

As jy in 'n bui is om iets spesiaals te gee, ignoreer my vroeëre harde woorde en kyk 'n bietjie na die Valentynsgeskenkgids omdat sommige mense nie hartjies of 'n teddiebeer vir Valentynsdag wil hê nie. Tuinmaakgoed bly nie in onbruik nie!

Laastens, aan Stephen (ons Engelse teksredakteur): Jul nuwe baba het teen dié tyd al gekom, en ek hoop dis 'n dogtertjie. En ek hoop dat sy die oulikste ding ooit sal wees, wat sy sal wees met twee pragtige ouers, en dat jul klein Gray 'n babasussie sal kry. Ek hoop dat sy vir julle vreeslik baie vreugde sal gee en nie te veel slapelose nagte nie.

Lekker tuinmaak



 

 
  Magazines|New Magazines|Recently Listed|Members Zone|Competitions|Promotions|Get Listed|A-Z Rate Cards|Publishers|About Us|FAQ / Help|Contact Us|Site Map
Privacy| Disclaimer| Publisher's Login| Press Rooms
Copyright Magazines.co.za by Showcase Media TM