Die Tuinier :: Editor's Letter
Januarie 2019
   Die Tuinier

Party mense sê die eerste teken van malheid is om dieselfde ding oor en oor te doen en 'n ander uitkoms te verwag – en dit is ook die geval met tuinmaak! As jy dus al probeer het om boslelies van saad te kweek, steggies te maak of jou dit ten doel gestel het om jou grasperk heeljaar wonderlik te laat lyk en dit nie reggekry het nie, moenie bang wees nie omdat jy al halfpad daar is deur net hier te lees!

Ons twaalfmaande-aksieplan is al 'n groot gunsteling onder ons lesers, en ek hoop jy sal dit uitknip en byderhand hou as 'n vriendelike waarskuwing of harde stoot om jou op die regte pad te hou. Wat ook al die geval is, hoop ons jy geniet dit!

Wat verskyn dus op die Nuwejaarslys? Dit is iets wat my werklik irriteer – die beloftes wat ons aan die begin van die jaar aan onsself en aan ander maak! Dalk is dit oor ek myself al soveel keer teleurgestel het met beloftes en voornemens – daar het jy dit, ek het die woord gebruik – grrrr. Ons lees oor die maak van 'n lys en om daardie lys êrens op te sit waar ons dit elke dag sal sien (soos op die yskas, badkamerspieël of rekenaarskerm). Vermoedelik laat dit ons meer fokus op die doelwit deurdat dit ons voortdurend herinner aan die doelwitte wat ons gestel het.

Al dié raad laat my egter dink aan daardie werkswinkels deur motiveringsprekers waarvandaan jy weggaan en dink jy is fantasties, wonderlik, maar die eerste klein struikelblokkie in die lewe laat jou ontspoor.

Met tuinmaak is dit net so as jy wonderlike planne vir die nuwe jaar het, maar dan vreet die een of ander wurm elke amarillis op wat jy het, of die hond grawe die grasperk op, en jy is daaroor!

Dit kom hierop neer: Daar is baie boeke en artikels en blogs oor die onderwerp, maar ongeag wat ons lees en hoe gemotiveer ons is, gebeur dinge en dreig om ons te oorweldig, en soms voel ons dat dit net nie die moeite werd is nie. Weet egter dit is die moeite werd om op te staan en weer te probeer, en ek praat nie net van tuinmaak nie.

Met tuinmaak word deursettingsvermoë beloon met tasbare voordele – 'n mens plant saad en 14 dae later sien jy die resultaat. Sommige doelwitte duur langer, soos om 'n nuwe stuk tuin te maak, maar daar is steeds 'n tasbare beloning.

En dit is my boodskap vir dié Nuwe Jaar – stel doelwitte in die tuin en voer dit deur, en wat jy leer, kan 'n invloed op jou hele lewe hê.

Soos altyd, lekker tuinmaak, en bly die vakansie veilig.



 

 
  Magazines|New Magazines|Recently Listed|Members Zone|Competitions|Promotions|Get Listed|A-Z Rate Cards|Publishers|About Us|FAQ / Help|Contact Us|Site Map
Privacy| Disclaimer| Publisher's Login| Press Rooms
Copyright Magazines.co.za by Showcase Media TM