WILD & JAG/GAME & HUNT :: Editor's Letter
Vol 24/09 September 2018
   WILD & JAG/GAME & HUNT

ONS SALUEER ALLE VROUE!
WE SALUTE ALL WOMEN!

“The only thing more beautiful than a buck on the ground is the smile on the face of a woman who put it there!”

Dié uitgawe word opgedra aan julle … die vrouejagters, die vroue ágter j
agters, die wildboervroue en die vrouewildboere – ystervroue en meesterkokke, aartsmoeders, jong moeders, moeders van jagters en van môre se wildboere! Sy vat raak en boer saam. In eie reg boer sy. Sy jag saam en onderskraag. In eie reg jag sy. Sy is oral en sy is altyd daar. Hoe dit ook al sy … waar ’n vrou betrokke is, raak dinge gedoen en lyk dit altyd mooi. Sy maak ’n mooi jagfoto, dra ’n mooi jag-outfit, sy maak ’n lekker wildsdis, maak jou plaashuis mooi, orden jou administrasie, en beste van alles … sy maak mooi kinners!

Vroue het nou maar eenmaal net die manier om dinge op te kikker soos ons mans nie kan nie! Kyk nou maar hierdie span van my. Terwyl ek in die bos en in buurlande agter kameras en op stofpaaie vertoef, neem hulle die tydskrif oor en verf hom pienk in Vrouemaand! Ek moet egter bieg – ons vroue doen hul deel in die jag- en wildbedryf. All thumbs up to the women out there! These women hunters and farmers are pretty awesome!

Ek gesels met een só ’n persoon, die alombekende Ellalien Davey wat al die diep spore in die wildbedryf getrap het. Lees op bl 108 oor dié formidabele vrou wat saam met die mans in haar lewe Romaco Ranch tot een van die vooraanstaande wildtelers in die land opgebou het, asook haar enorme bydrae tot die formele strukture in die georganiseerde wildbedryf.

Gaan loer ook na al die trotse damesjagters in Jagfotogalery (bl 70) en Bullet Talk (bl 28) wat weer eens getuig van hoe gewild dié sport onder vroue geraak het. Yolandé van der Westhuizen vertel op haar kostelike manier van haar eerste koedoejag, ’n onvergeetlike ondervinding, daar op Geluksdal anderkant Louis Trichardt (bl 40). Verder vertel Yolandi Louw hoe sy haar eerste springbok gejag het en deel haar gewaarwordinge nadat sy altyd gewonder het wat presies in die jagveld aangaan (bl 32).

Our regular contributor, hunter and friend, Laurence Jennings, has done his fair share to promote hunting. He introduced Andriette Kilian, who had never been on a hunt, to the sport, turning her into a keen huntress (p 20). A not-to-be-missed article!

Are you a keen believer of bushing in style? Then turn to p 12 for fabulous prizes from Safari Outdoor (valued at over R10 000) that women can win by subscribing (see p 38 for details). Don’t miss out on this great opportunity! New kid on the Block, Filly Leather South Africa, is not to be sneezed at either. Their unique, rugged-looking handbags and custom-made leather items for women are taking the market by storm (p 37).

Girls make hunting look good – that’s a fact. Ladies, if you are looking for the right outdoor gear, look no further. Deputy editor, Itha Kieser, put some camo for women to the test herself during the national hunting competition held in the middle of winter earlier this year. Itha compiled two pages featuring stylish and functional apparel for the huntresses out there – from stretchies to a proper Parka hunting jacket. Turn to p 30 and check out the websites of two top local brands – Sniper Africa and Wildebees – for the amazing products they offer women who love the outdoors, outdoor sport and country life.

How does the saying go? The best women are hard to find … because they wear camo!

Nou ja, vir eers genoeg oor vroue … tot volgende maand wanneer ek weer beheer terug het in hierdie kantoor!

Wildbedryfgroete
Game industry greetings
Hennie van der Walt




 

 
  Magazines|New Magazines|Recently Listed|Members Zone|Competitions|Promotions|Get Listed|A-Z Rate Cards|Publishers|About Us|FAQ / Help|Contact Us|Site Map
Privacy| Disclaimer| Publisher's Login| Press Rooms
Copyright Magazines.co.za by Showcase Media TM