WILD & JAG/GAME & HUNT :: Editor's Letter
Vol 24/08 August 2018
   WILD & JAG/GAME & HUNT

A good mix
’n Goeie allegaartjie

Dis altyd goed om iets van alles te weet, dan kan jy saamgesels! Koop net hierdie maand se WILD & JAG!

Dié uitgawe het letterlik iets van alles met lekker jagstories, wildartikels, aktuele sake, hof
uitsprake, produktoetse, rubrieke, veilingverslae en vele meer. Ek wil egter een aspek uitsonder – dit gaan oor soveel meer as die blote aksie van jag en wildboerdery, spesifiek om ’n verskil in die gemeenskap en bewaring te maak. Lees in dié verband HelpJag se artikel op bl 42, waarin hul lesers en jagters nooi om ’n verskil te maak deur honger kinders te help voed. Só ook maak wildboere ’n verskil in die gemeenskap, soos Wouter Maree in die Thaba Tholo-veilingverslag op bl 86 vertel. Op ’n ligter trant … in ons hoof-jagartikel – oftewel die “kuiertrippie” van die manne tydens die voorsitjag in die Karoo (bl 16) – vertel ons jagredakteur Stefan Fouché hoe vriendskapsbande in die jagveld gesmee word tydens die Molopo Jagtersgilde se jaarlikse uitstappie.

True to our vision, we bring you all you need to know before going on a hunting trip or if you simply want to expand your hunting gear. Stefan Fouché takes look at the superb A-Tec suppressors for hunting and shooting rifles and reports how the A-Tec Optima silencer has taken the world by storm since its launch last year (p 28). He also invited the people of Inyati Sporting Supplies on a pigeon shoot in the sunflower fields outside Settlers in Limpopo Province to test the Franchi Feeling shotgun (p 30). If you want to hunt antelope over long distances, the new Sako 85 Long Range in .300 Winchester Magnum or .338 Lapua Magnum is the answer. Read the article by Willem Botha of Skietwinkel (p 22) and also view this beauty on our cover.

Every firearm owner needs to know what the Constitutional Court’s ruling was on 7 June regarding the constitutionality of sections 24 and 28 of the Firearms Control Act. Martin Hood explains this in his in-depth article on p 32. Also make sure to read my article on p 41 about the legal requirements for the renewal of firearm licences and how this differs for each province.

On a more serious note, Ronald Nel shares his experience of hunting two different lions on two separate farms with two different outfitters, trying to figure out what the emotional controversy and negativity surrounding the hunting of captive-bred lions is all about. Read the article on p 54 and decide for yourself.

As jy vir ons jongspan-uitgawe (Junie 2018) se kompetisies ingeskryf het, blaai dadelik na bl 8 om te kyk wie die gelukkige wenners is en wat elkeen wen!

Indien jy hierdie uitgawe deurgelees het en lus is vir nóg jag- en wildnuus, onthou dat WILD & JAG ook weekliks aanlynprogramme beeldsend, nl WILD&WONNERLIK elke Woensdag om 19:00; VAT DIE SPOOR elke Donderdag om 19:00 en IN GESPREK MET elke Sondag om 15:00.

Moenie volgende maand ons vroue-uitgawe misloop nie – dit gaan propvol jagartikels van die skone geslag wees met talle pryse te wen. Soos met verlede jaar se suksesvolle advertensieveldtog tydens die vroue-uitgawe, gee ons weer aan adverteerders die geleentheid om op die vrouejagter te fokus en hul advertensies te verfraai!

Wildbedryfgroete
Game industry greetings
Hennie van der Walt



 

 
  Magazines|New Magazines|Recently Listed|Members Zone|Competitions|Promotions|Get Listed|A-Z Rate Cards|Publishers|About Us|FAQ / Help|Contact Us|Site Map
Privacy| Disclaimer| Publisher's Login| Press Rooms
Copyright Magazines.co.za by Showcase Media TM