Die Tuinier :: Editor's Letter
Maart 2014
   Die Tuinier

Maart is n besige maand, dus hoop ek julle is almal volstoom aan die gang met jul beplanning en tuinmaaklyste. Dit kan ook n ongewone maand wees omdat ons steeds ons somerblommende een‑ en meerjariges aanmoedig en tog ook plek moet vind om al daardie moet-hê-plante te plant vir die komende herfs. Petunias dra oorvloedige dragte kleur en sal jou waarskynlik by jou plaaslike tuinsentrum in die versoeking bring en tereg ook omdat hulle nou op hul heel mooiste is. As jy nog nie van hulle geplant het nie, loop jy soveel mis! My calibrachoas (nogal n mondvol, ek weet), wat eintlik minipetunias is, lyk fantasties en het my so verbaas op my rotsbank dat ek nog hope plant. Gaan kry n paar jy sal nie teleurgesteld wees nie.

n Belangrike maand lê vir ons familie by Die Tuinier voor. Van die 14de tot die 16de is dit die derde jaar van ons eie tuinmaakuitstalling, The Gardener Live, by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine. Soos voorspel en verwag kan word, sal dit die grootste skou nóg wees met meer pragtige uitstaltuine wat deur n paar wonderlike tuinargitekte geskep word, waaronder een van Suid- Afrika se talentvolste jong ontwerpers, Leon Kluge. Leon het onlangs goud gewen in die huistuinafdeling van die Tuinmaakwêreldbeker 2013 in Japan, asook die prys vir die beste op die skou, wat bevestig dat hy een van die wêreld se beste tuinontwerpers is. Ek kan nie wag om te sien wat hy vir ons sal bring op die skou nie. n Nuwe toevoeging is die Mad Hatters Tea Garden, n spesialiskruiekol, fynproewerskos en nog baie meer plante. Ek hoop ek sien jou daar!

Ons het ook met die verfilming begin van die nuwe seisoen van The Gardener op The Home Channel. Tot dusver het ons groot pret gehad! Ons het afgeleë plekke besoek en ontmoet n paar ware karakters van die tuinmaakwêreld. Hierdie seisoen spits ons ons toe op spesialiskwekers van sekere plante en gaan loer agter die skerms in om uit te vind hoe hulle te werk gaan die geheime, die wenke en natuurlik die prag. Die eerste episode word vroeg in April uitgesaai, bly dus ingeskakel. Van reis gepraat, ons het n bestemming vir vanjaar se Reisende Tuinier. Ons gaan dit in Singapoer en Borneo waag. Begin dus spaar om die reis met my mee te maak!

Kyk op bladsy 69 vir meer besonderhede. Ons bied ook n unieke verpersoonlikte toer na die ongerepte Richtersveld aan onder leiding van n kenner van die streek. Jy sal inreis in die enigste bergwoestyn in Suid-Afrika waarvan n groot deel tot Wêrelderfenisgebied verklaar is wat op sigself tekenend is van hoe spesiaal die gebied is. Dit is waarskynlik die beste bekend vir sy plante, veral vetplante. Leer oor die geskiedenis, die plante en diere van die Richtersveld. Self kan ek nie wag nie! Ek het vir julle gesê hierdie maand gaan besig wees.

In die tydskrif stel Gerald ons bekend aan al die vreemde lede van die piesangfamilie jy sal verbaas wees oor wat jy leer. Anna vertel van haar besoek aan Cathy Eloff en deel die ongelooflike tuin wat Cathy onder baie moeilike omstandighede gemaak het. Dit is maar net die begin, en daar is nog hope meer om te geniet. Geniet dit.

Lekker tuinmaak!



 

 
  Magazines|New Magazines|Recently Listed|Members Zone|Competitions|Promotions|Get Listed|A-Z Rate Cards|Publishers|About Us|FAQ / Help|Contact Us|Site Map
Privacy| Disclaimer| Publisher's Login| Press Rooms
Copyright Magazines.co.za by Showcase Media TM